NG Kerk Philadelphia

150 JAAR VIERING - U IS BAIE WELKOM OM DEEL TE NEEM!

Die NG gemeente te Philadelphia is op 16 Desember 1863 gestig as die 68ste gemeente van die NG Kerk in Suid-Afrika. Daar is reeds in 1858 begin met die bou van ‘n kerkgebou nadat ene Jan van Schoor 20 morge grond vir hierdie doel geskenk het, asook vir die aanlê van ‘n dorp. Die eerste kerkgebou is op Saterdag 9 Januarie 1864 ingewy met die voorstelling van die eerste kerkraadslede. Die eerste Nagmaal was die volgende dag waartydens daar ook 2 kinders gedoop is. Met die stigting van die gemeente word daar verwys na ‘n onderwysershuis wat op daardie stadium ook reeds as ‘n skoolgebou in Philadelphia gebruik is.

Die kerkraad van die NGK Philadelphia en die gemeenskap van Philadelphia het besluit om deur middel van verskeie aktiwiteite Philadelphia se ontstaan 150 jaar gelede gedurende 2013 te herdenk. Die feestydperk word in Januarie 2014 afgesluit met die publikasie van ‘n feesboek oor Philadelphia en die mense van die Koeberg. Philadelphia se gasvryheid en unieke eg plattelandse atmosfeer het  geen bekendstelling nodig nie – u is baie welkom in Philadelphia en word hartlik uitgenooi om aan die Philadelphia150 aktiwiteite deel te neem.

Laai volledige feesprogram af in PDF formaat »