NG Kerk Philadelphia

DIE DORP PHILADELPHIA

Philadelphia is ‘n pragtige, klein, historiese dorpie langs die N7 tussen Kaapstad en Malmesbury, aan die begin van die Swartland. Die dorpie is sowat 20km van Melkbosstrand, 24km van Durbanville en 25km van Malmesbury.

Die dorpie het sy ontstaan te danke aan die omgewing se boere wat nie meer so ver soos Kaapstad of Durbanville kerk toe wou gaan nie. Die kerk is toe gestig op 16 Desember 1863 en die kerkgebou, waaraan daar reeds begin bou is in 1858, is ingewy op 9 Januarie 1864, reeds 150 jaar terug. Die dorpie het van toe af stadig rondom die kerk begin ontwikkel.

Vandag is Philadelphia steeds bekend vir sy plattelandse atmosfeer met sy bekende stofstrate en byna 300 inwoners.