NG Kerk Philadelphia

TROU INLIGTING: BESPREKING VAN KERKGEBOU

LEES ASSEBLIEF SORGVULDIG DEUR EN EPOS ASSEBLIEF DIE VOLLEDIGE, VOLTOOIDE BESPREKINGSVORM NA INFO@NGKERKPHILADELPHIA.ORG.ZA

  1. Vir ’n bespreking moet hierdie besprekingsvorm volledig ingevul word en gefaks word na Annemart Agenbag by die bogenoemde nommer. Geen telefoniesie besprekings sal gedoen word nie.
  2. Huurgeld van die kerkgebou is R2 900.
    Hierby ingesluit is die volgende:
  • Een uur vir die besigtiging van die kerkgebou;
  • Een uur vir ’n proeflopie (“rehearsel”) van die verrigtinge van die troudag
  • Die koster se koste vir die oop en toesluit van die kerkgebou op die troudag vir die doen van die blomme en vir die seremonie self;
  • Die gebruik van die mikrofoon vir die leraar
  • Skoonmaak van die kerkgebou voor en na die seremonie.
  1. Die huurgeld sluit nie die dienste van hierdie gemeente se orrel of orrelis in nie. ’n Addisionele R700 moet betaal word vir die gebruik van die orrel, wat die koste van die orrelis insluit.  As u u eie orrelis gebruik, moet u steeds die gelde betaal.  Alle orreliste wat tydens die seremonie gebruik word, moet by die Suider-Afrikaanse Kerkorreliste Vereniging geregistreer wees.  Die orrelis moet deur u gekontak word om die nodige reëlings mee te tref.  Kontak ons gerus vir haar kontakbesonderhede.
  2. Alle huurgeld moet ten minste vier kalendermaande voor die besprekingsdatum inbetaal word in die kerk se bankrekening, anders word die bespreking gekanselleer.
  3. Sit asseblief die datum van bespreking as verwysing op die bankdeposito en faks die bewys van inbetaling na 086 508 5969.
  4. Geen konfetti mag tydens ’n troue binne die ringmuur van die kerkeiendom gestrooi word nie. Alle konfetti moet ontbindend van aard wees en van ’n plantaardige stof.
  5. Geen kerse mag gedurende die erediens in die kerkgebou aangesteek word of brand nie.
  6. Indien u van ons gemeente se klanksisteem gebruik wil maak vir die speel van ’n CD of vir iemand wat gaan sing/optree tydens die seremonie, tref asseblief die reëling vroegtydig met die koster. ’n Addisionele fooi van R400 sal gehef word vir die gebruik van die klanksisteem.
  7. Indien u gebruik wil maak van die projektor en skerms soos aangebring in die kerkgebou, sal dit ’n addisionele R400. Reël asseblief net vroegtydig met die koster in verband hiermee.

Laai besprekingsvorm af in PDF formaat »