BOERESAAL: BESPREKING VAN BOERESAAL
LEES ASSEBLIEF SORGVULDIG DEUR EN EPOS ASSEBLIEF DIE VOLLEDIGE, VOLTOOIDE BESPREKINGSVORM NA INFO@NGKERKPHILADELPHIA.ORG.ZA.
- Vir ’n bespreking moet hierdie vorm voltooi word en gefaks word na Annemart Agenbag by die bogenoemde nommer. GEEN TELEFONIESE BESPREKINGS SAL GEDOEN WORD NIE.
- Huurgeld van die saal is Huurgeld is slegs vir 5 ure se gebruik van die saal. Enige tyd langer as 5 ure sal R500/uur ekstra wees. Bogenoemde huurgeld is slegs tot 24:00 van die bespreekte datum. Indien u funksie aangaan na 24:00, sal u R750 per uur ekstra moet betaal.
- As u funksie op ’n Saterdagaand is, moet die saal opgeruim word na u funksie aangesien die saal Sondagoggende uitgeleen word aan die kerk vir Sondagskool.
- Indien u die saal wil huur die dag voor u funksie of die oggend voor u funksie vir dekorasie redes, is ’n ekstra R300 betaalbaar. Die saal sal slegs beskikbaar wees vanaf 08:00 tot 16:00 die vorige dag vir bogenoemde redes.
- Geen breekware, eetgerei, tafels of stoele is te huur nie en word ook nie by die huurgeld ingesluit nie. U moet self sorg vir laasgenoemde en self huur.
- Enige breekskade ten opsigte van die gebou sal vir die rekening van die huurder wees.
- Alle huurgeld moet een kalenderweek voor die besprekingsdatum inbetaal word in die Boeresaal se bankrekening, anders word die bespreking gekanselleer.
- Sit asseblief die datum van bespreking as verwysing op die deposito en epos die bewys van inbetaling na info@ngkerkphiladelphia.org.za
. - Kontak asseblief die koster (telefoonnommer soos hierbo) indien u die binnekant van die saal wil sien.